Welkom By Die Kerkkantoor
Kantoorure
Maandae / Dinsdae / Donderdae: 10:00 – 13:00
Woensdae: 10:00 – 13:00 en 16:00 – 18:00
Vrydae: Gesluit
Sondae: 09:00 – 13:00
Erediens Tye
Kerkgebou
67 4de Ln, Kleinmond
Diens – 09:30
Kerksaal/Kuierkerk
36 1ste Ln, Kleinmond
Diens – 09:00
Hangklip
2 Pillansia Str, Betty’s Bay
Diens – 09:00
Bank Besonderhede
NG Kerk Kleinmond
ABSA – 322 015 0320
Stuur 'n Boodskap
Algemene Vrae
Ons wil lidmate van die Kogelberg Gemeente word. Wat moet ons doen?
Vul gerus die aanlynvorm in, indien u besluit om by ons gemeente aan te sluit. Welkom! U kan ook die vorm aflaai, uitdruk en dan die voltooide vorm epos na info@ngkogelberg.co.za of gedurende kantoorure by ons kom inhandig.
KLIEK HIER VIR DIE VORM
Ons wil ons kind laat doop. Hoe maak ons?
Ouers wat hulle baba’s wil doop, kan die skriba kontak by 028 271 3470 of ’n e-pos stuur aan die bedieningsbestuurder om reëlings te tref. Die eerste Sondag van elke maand is gewoonlik ’n doopgeleentheid, maar spesiale versoeke sal oorweeg word. Ouers word versoek om self ’n afspraak vir ’n doopgesprek te maak met die leraar wat hul baba gaan doop.
‘n Geliefde van ons het gesterf. Wat doen ons nou?
Bel die predikant wat die diens moet lei om te hoor of hy beskikbaar is. Bel daarna die kerkkantoor by 028 271 3470 om die kerk te bespreek. Alle inligting sal dan deurgegee word.
Die troukoors loop hoog! Hoe reël ons vir ‘n huweliksbevestiging?
Bel die kerkkantoor by 028 271 3470 of stuur ’n e-pos na info@ngkogelberg.co.za indien jy meer wil uitvind oor die reëlings rondom troues of om besprekings te maak.
Ons wil die fasiliteite van die gemeente huur. Wie kontak ons?
Kontak asb die kerkkantoor by 028 271 3470, en ons help graag.
Ons wil reël vir ‘n besoek tuis. Hoe reël ons dit?
Kontak asb die kerkkantoor by 028 271 3470, of andersins vir Ds Heinrich Carstens direk op 083 566 1490.
Ons wil graag inskakel by ‘n Bediening
Wonderlik! Vul gerus ons aanlynvorm in en word deel van die familie van Kogelberggemeente.
KLIEK HIER VIR DIE VORM
Hoe werk Belydenisaflegging?
Belydenisaflegging is die kinders se eie keuse. In die jaar na hulle die Belydenisklas voltooi het, kan hulle aansoek doen om belydenisaflegging. Onderhoude word met hulle gevoer voordat hulle toegelaat word om belydenis af te lê.