Ons Leierskap

God se verhaal leef deur ons by die NG Gemeente Kogelberg

wIE ONS IS

Die Span & Leierskap

Wat beteken leierskap en span vir ons as gemeente?

Ons is bevoorreg dat lidmate vanuit ‘n verskeidenheid van profesionele rigtings, loopbaanwêrelde en agtergronde hulle hier vestig en so ‘n besondere bydrae lewer tot die bediening van die gemeente.  Ons glo dat leiers manne en vroue is wat God op ‘n besondere manier toerus vir bepaalde dienswerk en tyd.  Ons kies vir ‘n situasieleierskapsmodel waar ons leiers deel is van die onderskeie bedieninge en help om te onderskei waarheen God ons wil uitnooi.

Ds Heinrich & Jeanne Marié Carstens

082 552 1249 / heinrich@ngkogelberg.co.za

Heinrich beskryf homself as ’n gemaklike mens wat daarvan hou om die lewe voluit te leef.  Hy sê dat hy en Jeanne Marié sommer gou as huweliksmaats ’n bewustelike keuse gemaak het om hulle lewens so eenvoudig en ongekompliseerd moontlik te hou en kies om positief te wees oor die lewe.  Verhoudinge is vir hulle baie belangrik en hulle geniet altwee die humor van die lewe en kan ook vir hulleself lag.

Heinrich het na matriek (aan die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas) op Stellenbosch sy teologiese studies in 1989 begin waar hy ook vir Jeanne Marié ontmoet het.  Sy kom oorspronklike vanaf Eendekuil in die Swartland, maar het aan die Hoërskool Stellenbosch gematrikuleer.  Na hulle studies op Stellenbosch is hulle in 1995 na hulle eerste gemeente (Askham-Noenieput) in die Kalahari.  Hulle twee kinders (Alexander en Marié-Louise) is altwee in die Kalahari gebore en in 2006 verhuis die gesin na Pretoria waar hulle by die NG Gemeente Overkruin se leraarspan aansluit.

In 2021 (nadat Marié-Louise matriek geskryf het) aanvaar hulle ‘n beroep na die NG Gemeente Lorraine in Port-Elizabeth.  Na twee jaar word dit egter tyd om weer wortels op te trek en aanvaar Heinrich en Jeanne Marié die beroep na ons gemeente.  Jeanne Marié se familie het vir baie jare ‘n huis op Bettysbaai gehad en daarom skakel hulle sommer gou in by ons geloofsgemeenskap.

Alexander werk tans in Johannesburg by ‘n groot ouditfirma en Marié-Louise studeer op Stellenbosch.  Jeanne Marié werk vir Mazars Ouditeure in Port-Elizabeth, maar is bevoorreg dat sy dit vanuit die pastorie in 4de Laan op Kleinmond kan doen.

Kerkkantoor & Kosters

Die mense op hierdie bladsy probeer almal om volgens hulle roeping die ratwerk te olie.

Nienie en Elizna hou ons administratiewe wiele aan die rol. Hul kantoor is langs die hoofingang van die kerk.
Die telefoonnommer is: 028 271 3470 / 028 271 3268.

Nienie Burger

Nienie Burger

Bedieningsbestuurder

076 134 7157

Elizna Hogan

Elizna Hogan

Saakgelastigde

Rika Steenkamp

Rika Steenkamp

Orrelis

Danie de Vaal

Danie de Vaal

Koster Kleinmond

083 670 4290

Michiel van der Westhuizen

Michiel van der Westhuizen

Koster Hangklip

Kern Kerkraad

Die Kerkraad se taak word toegespits op oorkoepelende koördinering, bestuur en beleidgewing.

Ds Heinrich Carstens

Voorsitter

082 552 1249

Ds André Theron

Verteenwoordiger van die Herders

076 903 8271

Ds. Leopold van Huyssteen

Konsultant-Leraar

082 707 0676

Koos de Wet

Voorsitter: Kleinmond

072 148 0823

Strauss Odendaal

Voorsitter: Kuierkerk

082 415 2837

Dirk Reitzema

Voorsitter: Hangklip

072 216 3926

Le Roux Burrows

Finansies

082 733 5824

Willem van der Merwe

Kerkkantoor & Kommunikasie

082 783 0204

Nienie Burger

Bedieningsbestuurder

083 757 0806

Marita Grobler

Visie-Kommissie

079 684 2751

Hermie van der Merwe

Diensverhoudinge

083 629 5565

Rudi Perold

Eiendomme

083 677 3992

Gert Pretorius

Getuienis

082 788 6989

Bedieningstruktuur

Kern Kerkraad
Die Kerkraad se taak word toegespits op oorkoepelende koördinering, bestuur en beleidgewing.

Streekkerkrade
Die gemeente is verdeel in drie streke elk met ‘n eie streekkerkraad wat aan die sentrale kerkraad verslag doen:

  • Bergstreek (Kleinmond – die deel bokant die hoofpad en Arabella)
  • Hangklipstreek (Bettysbaai, Pringlebaai en Rooiels)
  • Seestreek (Kleinmond – die deel onder die hoofpad)

Versorgingswerk in wyke
Die gemeente word in blokke verdeel volgens geografiese areas. Elke blok word in die Kerkraad verteenwoordig deur ‘n ouderling wat ‘n bestuursfunksie in die blok vervul.

Elke blok word verdeel in ongeveer 5 wyke. Elke wyk word deur ‘n wyksouderling bedien wat verantwoordelikheid neem vir die geestelike versorging van die wyk, reël van begrafnistee, wyksbyeenkomste, ensovoorts.

Elke wyk word verdeel in groepe van + 5 besoekpunte. Elke groep word versorg deur ‘n dienswerker. Hierdie sorg behels deurlopende meelewing met en ondersteuning en aanmoediging van wykslede.

Een maal per kwartaal hou die wyk ‘n wyksbyeenkoms wat op ‘n rotasie-basis deur die leraars gelei word.

Een maal per maand hou die dames in die wyk vrouebybelstudie wat deur iemand in die wyk gelei word.

Kleingroepe
‘n Kleingroep-stelsel bestaan in die gemeente en nuwe intrekkers wat wil inskakel, word by bestaande groepe ingedeel.

Huisbesoek
Huisbesoek geskied slegs op aanvraag. Reël deur u dienswerker of wyksouderling of skakel die leraar persoonlik as u ‘n besoek verlang.

Doop
Elke eerste Sondag van die maand waar moontlik.

Kategese
Graad 1 – 6 in die kerksaal en sentrum na die diens. Graad 7 – 11 spesiale program.