Ons Leierskap

God se verhaal leef deur ons by die NG Gemeente Kogelberg

wIE ONS IS

Die Span en Leierskap

Wat beteken leierskap en span vir ons as gemeente?

Ons is bevoorreg dat lidmate vanuit ‘n verskeidenheid van professionele rigtings, loopbaanwêrelde en agtergronde hulle hier vestig en so ‘n besondere bydrae lewer tot die bediening van die gemeente.  Ons glo dat leiers manne en vroue is wat God op ‘n besondere manier toerus vir bepaalde dienswerk en tyd.  Ons kies vir ‘n situasieleierskapsmodel waar ons leiers deel is van die onderskeie bedieninge en help om te onderskei waarheen God ons wil uitnooi.

Ds. Heinrich en Jeanne Marié Carstens

083 566 1490 / heinrich@ngkogelberg.co.za

Heinrich beskryf homself as ’n gemaklike mens wat daarvan hou om die lewe voluit te leef.  Hy sê dat hy en Jeanne Marié sommer gou as huweliksmaats ’n bewustelike keuse gemaak het om hulle lewens so eenvoudig en ongekompliseerd moontlik te hou en kies om positief te wees oor die lewe.  Verhoudinge is vir hulle baie belangrik en hulle geniet altwee die humor van die lewe en kan ook vir hulleself lag.

Heinrich het na matriek (aan die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas) op Stellenbosch sy teologiese studies in 1989 begin waar hy ook vir Jeanne Marié ontmoet het.  Sy kom oorspronklike vanaf Eendekuil in die Swartland, maar het aan die Hoërskool Stellenbosch gematrikuleer.  Na hulle studies op Stellenbosch is hulle in 1995 na hulle eerste gemeente (Askham-Noenieput) in die Kalahari.  Hulle twee kinders (Alexander en Marié-Louise) is altwee in die Kalahari gebore en in 2006 verhuis die gesin na Pretoria waar hulle by die NG Gemeente Overkruin se leraarspan aansluit.

In 2021 (nadat Marié-Louise matriek geskryf het) aanvaar hulle ‘n beroep na die NG Gemeente Lorraine in Port Elizabeth.  Na twee jaar word dit egter tyd om weer wortels op te trek en aanvaar Heinrich en Jeanne Marié die beroep na ons gemeente.  Jeanne Marié se familie het vir baie jare ‘n huis op Bettysbaai gehad en daarom skakel hulle sommer gou in by ons geloofsgemeenskap.

Alexander werk tans in Johannesburg by ‘n groot ouditfirma en Marié-Louise studeer op Stellenbosch.  Jeanne Marié werk vir Mazars Ouditeure in Port Elizabeth, maar is bevoorreg dat sy dit vanuit die pastorie in Vierde Laan op Kleinmond kan doen.

Kerkkantoor en Kosters

Die mense op hierdie bladsy probeer almal om volgens hulle roeping die ratwerk te olie.

Joke en Elizna hou ons administratiewe wiele aan die rol. Hul kantoor is by die hoofingang van die Kleinmondkerk.
Die telefoonnommers is: 028 271 3470

Joke Venter

Joke Venter

Bedieningsbestuurder

072 711 2261

Elizna Hogan

Elizna Hogan

Saakgelastigde

028 271 3470

Elsabé Oosthuizen

Elsabé Oosthuizen

Administratiewe Assistent

028 271 3470

Gerda Willers

Gerda Willers

Koster: Kleinmond

060 920 0595

Ledivia de Reuck

Ledivia de Reuck

Koster: Hangklip

082 455 0318

Rika Steenkamp

Rika Steenkamp

Orrelis: Kleinmond

082 573 2135

Anelma East

Anelma East

Orrelis: Hangklip

082 899 7944

Kerkraad

Die Kerkraad se taak word toegespits op oorkoepelende koördinering, bestuur en beleidgewing.

Prof Marius Ungerer

Prof Marius Ungerer

Voorsitter: Kerkraad

082 498 6747

Ds Heinrich Carstens

Ds Heinrich Carstens

Leraar

083 566 1490

Dr Stephan Naudé

Dr Stephan Naudé

Leraar

083 566 1490

Dr Ryk van Velden

Dr Ryk van Velden

Begeleidingspan

082 857 4968

André Ferreira

André Ferreira

Voorsitter: Kleinmond Wyksraad

082 905 9277

Reinier Lombaard

Reinier Lombaard

Voorsitter: Hangklip Wyksraad

082 883 1135

Rudi Perold

Rudi Perold

Voorsitter: Eiendomsbediening

083 677 3992

Gert Pretorius

Gert Pretorius

Voorsitter: Getuienisbediening

082 788 6989

Stephen Hansen

Stephen Hansen

Voorsitter: Finansies Kommissie

082 927 6946

Marita Grobler

Marita Grobler

Voorsitter: Gemeentebediening

079 684 2751

Kobus Esterhuizen

Kobus Esterhuizen

Voorsitter: Barmhartigheidsbediening

084 583 3407

Johan Fourie

Johan Fourie

Voorsitter: Diensverhoudingekommissie

072 607 4263

Fanie Krige

Fanie Krige

Voorsitter: Kommissie vir Kerkkantoorsake & kommunikasie

082 773 7749

Bedieningstruktuur

Kerkraad
Die Kerkraad se taak word toegespits op oorkoepelende koördinering, bestuur en beleidgewing.

Eredienspunte                                                                                                                                                                                           Die gemeente het 3 bedieningspunte: Kleinmondkerk, Kuierkerk en Hangklipkerk waar daar elke Sondag erediens gehou word.

Jy kan só betrokke raak:                                                                                                                                                                        Almal wat kan noot hou, is welkom om aan by die Kleinmondkerkkoor aan te sluit. Bel vir Cecile Coetzee by 082 687 1163.

Lidmate wat deel wil wees van die Lofsprysingspan in Hangklipkerk of die Kuierkerk bel die kantoor en gee jou naam op.

Lidmate word uitgenooi om te help met verwelkoming en die opneem van offergawes. Bel die kerkkantoor.

Versorgingswerk in wyke
Die gemeente word in 11 blokke verdeel volgens geografiese areas. Elke blok word in die Kerkraad verteenwoordig deur ‘n ouderling, wat ‘n bestuursfunksie in die blok vervul.

Elke blok word verdeel in ongeveer 5 wyke. Elke wyk word deur ‘n wyksouderling bedien wat verantwoordelikheid neem vir die geestelike versorging van die wyk, reël van begrafnistee, wyksbyeenkomste, ensovoorts.

Elke wyk word verdeel in groepe van + 5 besoekpunte. Elke groep word versorg deur ‘n dienswerker. Hierdie sorg behels deurlopende meelewing met en ondersteuning en aanmoediging van wykslede.

Een maal per kwartaal hou die wyk ‘n wyksbyeenkoms wat op ‘n rotasie-basis deur die leraars gelei word.

Een maal per maand hou die vroue in die wyk Bybelstudie wat deur iemand in die wyk gelei word.

Kleingroepe

Lidmate kan ook by ’n kleingroep/omgeegroep inskakel.  Die meeste groepe vergader weekliks en behandel ’n boek van hul keuse.  Of sluit aan by die gespreksmateriaal van ons preke en leesrooster.

Vir meer inligting oor kleingroepe kan u die kerkkantoor, 028 271 3470, skakel.

Huisbesoek
Huisbesoek geskied slegs op aanvraag. Reël deur u dienswerker of wyksouderling of skakel die leraar persoonlik as u ‘n besoek verlang.

Doop
Kontak gerus die Kerkkantoor vir enige navrae en reëlings.