Skakel In

Raak betrokke en maak 'n verskil
bedieninge InskakelvormNuwe Intrekkers

Kom  Wees Lig

Elkeen kan ‘n veskil maak

Skenk Jou Tyd

Skenk Jou Offer

Maak ‘n Verskil Vandag

Word deel van die span

Gemeentebedieninge

Getuienis

Voorsitter: Gert Pretorius 082 788 6989

Die aksie wil die gemeente toerus en mobiliseer tot betrokkenheid in die gemeenskap (Jerusalem), sowel as buite die landsgrense (Samaria) om die evangelie van Jesus Christus op ’n praktiese wyse uit te dra. Jaarliks word ’n Getuienisfees gehou en verder uitgereik. By die Arbeidsbediening tree vrywilligers een keer per week by ’n sakeonderneming op deur ’n paar gedagtes uit die Bybel met hulle te deel.

Gemeentebediening

Voorsitter: Marita Grobler 079 684 2751

Die Gemeentebedieningskommissie onderskryf die roeping wat die Here vir die gemeente gegee het, naamlik om ambassadeurs van hoop en ligdraers te wees vir die mense woonagtig nie net in die Kogelberg-area nie, maar ook wyer. Die verteenwoordigers op hierdie kommissie is ingestel op ‘n intieme verhouding met God en om met Hom in pas te wees.

Die Gemeentebedieningskommissie sluit die volgende bedieninge van NG Kogelberg in:

Eredienste; Gebed; Kleingroepe; Ekobediening; Gasvryheid; Bediening vir nuwe intrekkers; Toerusting van lidmate; Gemeenteprojekte; Mannebediening; Vrouebediening; Senior lidmate en Familiebediening.

Familiebediening

Voorsitter: Dr. Stephan Naudé 063 580 1814

Hierdie bediening is betrokke by die aktiwiteite en behoeftes van die jeug, gesin en families. Dit sluit in saaldienste, kampe, jeugaktiwiteite en Geloofsvorming.

Eiendomme

Voorsitter: Rudi Perold 083 677 3992

Huidige en toekomsbeplanning vir die kerkgebou, die gemeentesentrum, die kerksaal en die pastorieë. Dit sluit in die instandhouding daarvan en toesig by veranderinge daaraan, asook aan die terrein en die tuine.

Diensverhoudinge

Voorsitter: Johan Fourie 072 607 4263

Die Kommissie se take is breedweg menslike hulpbronbestuur en sluit in personeelvoorsiening, -organisasie, -struktuur, -administrasie, -beleid, -opleiding -ontwikkeling en ondersteuning, asook doeltreffende bestuursprosesse.

Finansies

Voorsitter: Stephen Hansen 082 927 6946

Die beplanning en beheer van die finansies van die gemeente, insluitend die opstel van begrotings en toesig oor toepaslike finansiële state.

Begeleidingspan

Dr. Ryk van Velden 082 857 4368

Kerkkantoor & Kommunikasie

Voorsitter: Fanie Krige 082 773 7749

Die kommissie beheer en bestuur die administrasie en kommunikasie van die gemeente, insluitende die verskillende publikasies: Eerste Gelui, Kerkklok, Weerklank, Seemeeu en die Kalender.

Erediensgroep

Kleinmondkerk: Elaine Reitsma 072 207 9588

Hangklipkerk: Sandra Taljaard 083 308 6170

Kuierkerk: Sally van Heerden 082 776 812

Musiekbediening

Kleinmondkerk: Rika Steenkamp 082 573 2135

Kuierkerk: Thinus Ries 083 456 5716

Hangklipkerk: Anélma East 082 899 7944

Klankgroep

Kleinmondkerk: André van der Walt 083 286 0435

Hangklipkerk: Sedrick Taljaard 082 827 6074

Kuierkerk: Riaan Buckle 082 708 5609

Barmhartigheidsbediening

Voorsitter: Kobus Esterhuizen 084 583 3407

Volgens die Here Jesus se opdrag in Matt. 25 is hierdie bediening hoofsaaklik betrokke by die geestelike en materiële welsyn van ons gemeentelede. Verder is die Bediening ook betrokke by die nood en behoeftes wat in die gemeenskap bestaan, en hul klerekas word die ‘Omgee Boetiek’ genoem.
Sop en toebroodjies vir skoolkinders word verskaf, onder leiding van Malinda Hugo by 2714351.
Die sopkombuis op Kleinmond word deur al die kerke in die gebied beman en bestuur.

Brei-Projek

Essie Groenewald 082 379 4713

Gebedsgroep

Marita Grobler 079 684 2751

Herberg Kinderhuis

Belinda Strydom 082 856 6772

Huisgebondenes

Hartmut Spingies 083 995 5104

Caritas-Projek

Belinda Strydom 082 856 6772

Kleingroepe

Kontak die Kerkkantoor 028 271 3470

Kleingroepe of Omgeegroepe se werksaamhede is die fokus van hierdie bediening.

Arbeidsbediening

Kontak die Kerkkantoor 028 271 3470

Woordverkondiging in die werksplek is die fokus van hierdie bediening.

Eko-Bediening

Gawie Winterbach 079 381 4485