Algemene Inligting
Kom skakel in en maak 'n verskilSkenk Jou Tyd
Skenk Jou Offer
Maak ‘n Verskil Vandag
NG Gemeente Kogelberg
Bedieningstruktuur
Sentrale Kerkraad
Die Kerkraad se taak word toegespits op oorkoepelende koördinering, bestuur en beleidgewing.
Streekkerkrade
Die gemeente is verdeel in drie streke elk met ‘n eie streekkerkraad wat aan die sentrale kerkraad verslag doen:
- Bergstreek (Kleinmond – die deel bokant die hoofpad en Arabella)
- Hangklipstreek (Bettysbaai, Pringlebaai en Rooiels)
- Seestreek (Kleinmond – die deel onder die hoofpad)
Versorgingswerk in wyke
Die gemeente word in blokke verdeel volgens geografiese areas. Elke blok word in die Kerkraad verteenwoordig deur ‘n ouderling wat ‘n bestuursfunksie in die blok vervul.
Elke blok word verdeel in ongeveer 5 wyke. Elke wyk word deur ‘n wyksouderling bedien wat verantwoordelikheid neem vir die geestelike versorging van die wyk, reël van begrafnistee, wyksbyeenkomste, ensovoorts.
Elke wyk word verdeel in groepe van + 5 besoekpunte. Elke groep word versorg deur ‘n dienswerker. Hierdie sorg behels deurlopende meelewing met en ondersteuning en aanmoediging van wykslede.
Een maal per kwartaal hou die wyk ‘n wyksbyeenkoms wat op ‘n rotasie-basis deur die leraars gelei word.
Een maal per maand hou die dames in die wyk vrouebybelstudie wat deur iemand in die wyk gelei word.
Kleingroepe
‘n Kleingroep-stelsel bestaan in die gemeente en nuwe intrekkers wat wil inskakel, word by bestaande groepe ingedeel.
Huisbesoek
Huisbesoek geskied slegs op aanvraag. Reël deur u dienswerker of wyksouderling of skakel die leraar persoonlik as u ‘n besoek verlang.
Doop
Elke eerste Sondag van die maand waar moontlik.
Kategese
Graad 1 – 6 in die kerksaal en sentrum na die diens. Graad 7 – 11 spesiale program.
Doop
Ouers wat hulle baba’s wil doop, kan die skriba kontak by 028 271 3470 of ’n e-pos stuur aan die bedieningsbestuurder om reëlings te tref. Die eerste Sondag van elke maand is gewoonlik ’n doopgeleentheid, maar spesiale versoeke sal oorweeg word. Ouers word versoek om self ’n afspraak vir ’n doopgesprek te maak met die leraar wat hul baba gaan doop.
Belydenisaflegging
Belydenisaflegging is die kinders se eie keuse. In die jaar na hulle die Belydenisklas voltooi het, kan hulle aansoek doen om belydenisaflegging. Onderhoude word met hulle gevoer voordat hulle toegelaat word om belydenis af te lê.
Troues
Bel die kerkkantoor by 028 271 3470 of stuur ’n e-pos na info@ngkogelberg.co.za indien jy meer wil uitvind oor die reëlings rondom troues of om besprekings te maak
Begrafnisses
Bel die predikant wat die diens moet lei om te hoor of hy beskikbaar is. Bel daarna die kerkkantoor by 028 271 3470 om die kerk te bespreek. Alle inligting sal dan deurgegee word.
Nuwe Intrekkers
Klik hier om die vorm af te laai wat ingevul moet word indien jy besluit om by ons gemeente aan te sluit. Die voltooide vorm kan gestuur word aan info@ngkogelberg.co.za of gedurende kantoorure by ons afgegee word.
Kom skakel in
By Die Program
Erediens
Sondae @ 09:30
Donec rutrum congue leo eget malesuada. Sed porttitor lectus nibh. Pellentesque in ipsum id orci porta dapibus. Vivamus suscipit tortor eget felis porttitor volutpat.
Kleingroepe
Woensdae @ 19:00
Donec rutrum congue leo eget malesuada. Sed porttitor lectus nibh. Pellentesque in ipsum id orci porta dapibus. Vivamus suscipit tortor eget felis porttitor volutpat.
Jeug Kuiers
Vrydae @ 17:00
Donec rutrum congue leo eget malesuada. Sed porttitor lectus nibh. Pellentesque in ipsum id orci porta dapibus. Vivamus suscipit tortor eget felis porttitor volutpat.
Kom Bid Saam
Sondagaand @ 18:00
Donec rutrum congue leo eget malesuada. Sed porttitor lectus nibh. Pellentesque in ipsum id orci porta dapibus. Vivamus suscipit tortor eget felis porttitor volutpat.
Vroue Kamp
Saterdag 10 Nov
Donec rutrum congue leo eget malesuada. Sed porttitor lectus nibh. Pellentesque in ipsum id orci porta dapibus. Vivamus suscipit tortor eget felis porttitor volutpat.
Uitreik Saterdag
Vir ons bejaardes
Donec rutrum congue leo eget malesuada. Sed porttitor lectus nibh. Pellentesque in ipsum id orci porta dapibus. Vivamus suscipit tortor eget felis porttitor volutpat.